Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Ben Viljoen se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Ben Viljoen se hoofseun: Dewald Bosman
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Nuwe avonture en om lekker saam my span te werk.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? My sterkpunte is ek is `n konstante mens en het `n gematige persoonlikheid, ek is positief en word nie maklik kwaad nie. My swakpunte is ek is deur die weer.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Nee.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Om saam my vriende te wees.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Gee net altyd jou beste en moet nooit omgee oor wat ander mense sê nie.
Wie is jou rolmodel? My pa.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Thor, want hy is baie goed en help ander.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… By my huis saam my vriende.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Alexandra Daddario
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Rugby
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino.
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees bywoon
- Andriod of iOS? Android