Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Ben Viljoen se hoofdogter vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Ben Viljoen se hoofdogter: Izabella Paissopoulos
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Vir al die pret aktiwiteite waarvan ons in beheer is om te reël soos die Blougatkamp aan die begin van 2022.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte? Ek het goeie kommunikasievaardighede en `n aansteeklike positiewe uitkyk op die lewe. Wat my swakpunte aanbetref: Ek is `n procastonator, ek is baie lief daarvoor om dinge uit te stel tot op die nippertjie.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ja, ek sal graag wil hê kinders moet weer toegelaat word om gewone klere te dra op hulle verjaarsdae, en dat ons skool weer `n matriekafskeid hou.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Hier by Ben Viljoen maak ras/ouderdom/ geslag nie saak nie. Ons kan almal lekker saam kuier en het goeie verhoudings met mekaar.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek werk daartoe om onderskeidings in al my vakke te kry aan die einde van matriek.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Maak tyd om te kommunikeer met mekaar en moet nie vergeet om pret te hê nie!
Wie is jou rolmodel? Rolene Strauss.
Wat is jou planne vir na skool? Ek droom graag daaroor om `n lugwaardin te word en internasionaal te vlieg sodat ek die wêreld kan sien.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Ek sou The Flash wou wees, want dan sou ek vir eens alles betyds gedoen kry waarvoor ek normaalweg te stadig mee is.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by ‘n lekker gesellige braai saam met my vriende en vriendinne.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Ian Somerhalder (Damon van The Vampire Diaries).
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Netbal
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? ‘n Musiekfees bywoon
- Andriod of iOS? Android