Merensky Landbou Akademie stap dapper vir silwer en brons
Merensky Landbou Akademie stap dapper vir silwer en brons. Op 21 April het Merensky Landbou Akademie se Presidentstoekennings-kandidate ‘n gesamentlike brons- en silwerstaptog in die alomgewilde Magoebaskloof begin. Die groep is vergesel deur me. Lize Crafford en oud Plasie, mnr. Herman Grové.
Die bronskandidate was Vonani Nkuna, Benjamin Snyman, Leruo Melamane, Matthew Togonidze, Carmé Louw, Abigail Collins en Simone Schonken, wat altesaam 38 km afgelê het. Die silwerstappers wat die 50km moes aandurf was Andrea Togonidze, Andrea van Deventer, Christené Beukes, Chane Gouws, Amoré Jansen van Vuuren en Tamar Kellerman.
Vrydag se staptog het by die Waterfall Hut-oorslaappunt geëindig. Saterdag is daar vroegdag reeds begin aan die tog tot by die Dokolewa-poele, met ‘n swem in yskoue bergwater. Die bronsgroep het ‘n entjie verder tot by die De Hoek-huis gestap waar hul ouers hulle kom oplaai het. Behalwe die natuurskoon was daar langs die pad baie om te sien en te waardeer; van insekte tot verkleurmannetjies en natuurlik aap se kind. Die silwerkandidate het ná ‘n tweede nag tot by die Seepsteen Stables voetgeslaan waar hulle deur hul ouers opgepik is. Niemand kan daaraan twyfel dat hierdie Presidentstoekenningsinisiatief op Plasieland besonder suksesvol bestuur en bedryf word nie.

Voor: Christené Beukes, Simone Schonken, Andrea Togonidze, Matthew Togonidze. Agter: Leruo Malemane.

Dapper stappers.

Dapper stappers.

Dapper stappers.