Merensky Landbou Akademie is trots op hul atlete se SA prestasies
Merensky Landbou Akademie is baie trots op JP Botha (graad 9), Klara Pretorius (graad 11) en Ryly de Nijs (graad 11) wat Limpopo verteenwoordig het van 23 tot 25 Maart by die Atletiek Suid-Afrika Kampioenskap by die Msunduzi Atltiekstadion in Pietermaritzburg. Klara het met die 100m Hekkies 6de, en met die 200m 7de in haar lopies geëindig. Sy was ook deel van die o.18 Dogters Aflosspan, wat 4de algeheel geëindig het.
Ryly het die 100m en 200m 6de in sy lopies klaargemaak. Die o.18 Seuns Aflosspan, waarvan hy deel was, het 7de algeheel geëindig. JP (aka Janpieter) het almal asem laat ophou met sy o.16 Spiesgooi pogings. Hy het uiteindelik gewys dat hy die beste atleet is en met ‘n afstand van 56.79m die goud om sy nek gehang. Merensky is verskriklik trots op hierdie 3 atlete wat weereens die Plasie-naam hoog gehou het. Ons sien uit daarna om JP, Klara en Hlulani Baloyi wat vanaf 1 April aan die LIMSA SA Kampioenskap gaan deelneem.

JP Botha

JP Botha

JP Botha

JP Botha

JP Botha

JP Botha

Klara Pretorius

Klara Pretorius

Ryly de Nijs

Uitslae