Merensky Landbou Akademie gholf staan uit in Noordstreek-Liga
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie se gholfspanne het op Maandag, 12 Mei 2025, aan die tweede rondte van die Noordstreek-liga deelgeneem, wat by die Polokwane Gholfklub plaasgevind het. Die Plasies het weereens hul staal gewys teen van die streek se beste jong gholfspelers. Die A-afdeling het die dag met uitmuntende spel afgesluit en as algehele wenners uit die stryd getree. Die spanlede was:
- Morné Huysamen
- Jaydrian Moolman
- George Steenkamp
- Luka Heinlein
In die B-afdeling het Merensky vierde geëindig, met die volgende spelers wat deelgeneem het:
- Henru Venter
- Christo Venter
- Leon De Lange
- Xander Schoeman
Die C-afdeling het die dag op die vyfde plek afgesluit. Die span het bestaan uit:
- Borman van der Westhuizen
- Matthew Newhum
- Justin Lessing
- Zander Knoetze
’n Uitsonderlike prestasie is deur Morné Huysamen behaal, wat met ‘n telling van 75 as die beste gholfer van die dag aangewys is. Die Plasies sien nou uit na die volgende Noordstreek-byeenkoms op 19 Mei 2025 by die Kameeldoring Gholfklub in Potgietersrus.

A-afdeling George, Jaydrian, Morne, Luka

B-afdeling Henru, Christo, Leon, Xander

C-afdeling Matthew, Zander, Borman

Zander Knoetze