Merensky Landbou Akademie boogskiet skuts blink uit
Drie skuts van Merensky Landbou Akademie het op 25 Maart aan die GRS ABO Interprovinsiale Boogskietkampioenskap op Rhino Hill in Komatipoort deelgeneem. Hulle het kragte gemeet met skuts van Mpumalanga. Dian en Rouxne Schnettler skiet goud, met Rouxne wat ook ‘n distrik- en provinsiaal kwalifiserende telling agter haar naam skryf. Ina-Merie Burger eindig tweede met ‘n distrik kwalifiserende telling.
Senior skuts, Hannari en Dirk Schnettler, wat ook lede is van die Merensky Boogskietklub, eindig tweede en derde. Hannari skiet ‘n distrik- en provinsiaal kwalifiserende telling. Die skuts sien uit na die ABO Shikwaru Kampioenskap op 1 April, asook die ABO Triple Crown Leg 2 in Cullinan op 6 en 7 April.