Laerskool Tzaneen spog met swemuitslae
ADVERTISEMENT
Die Vlak 1 Swemkampioenskappe het plaasgevind in Polokwane by Hoërskool Tom Naudé op Saterdag, 25 Februarie 2023. Agt-en-twintig Larrie swemmers wat onderskeidelik lede is van die Shamu- en Task swemklubs het deelgeneem.
- Kobus Auret swem ‘n eerste plek los in die 100m rugslag vir seuns 12 jaar,
- Bea-Mari Bekker (dogters 6 jaar) verower drie eerste plekke in die 25m vlinder-,rug- en vryslag.
- Simeon Bekker, seuns 7 jaar, verower twee tweede plekke in die 100m individuele wisselslag en 25m vryslag.
- Boeties Luan (seuns 7 jaar) en Ruben de Wet (seuns 9 jaar) neem ook deel, Ruben swem ‘n eerste plek los in die 25m vryslag.
- Riazé Haynes (dogters 8 jaar) eindig derde in die 25m vryslag en Kaleigh Henning (dogters 8 jaar) neem ook deel.
- Inge Jansen van Vuuren (dogters 9 jaar) wen podiumplekke in al vyf haar items; eerste in die 25m rugslag en 100m individuele wisselslag, tweede in die 25m bors- en vryslag en derde in die 25m vlinderslag.
- Jacques Liebenberg (seuns 8 jaar) wen ‘n silwer medalje in die 25m rugslag.
- Leandi Liebenberg (dogters 9 jaar) wen twee goue medaljes in die 25m vlinder- en borsslag.
- Gabriella Loucao (dogters 7 jaar) wen ‘n goue medalje in die 25m borsslag en silwer medaljes in die 25m vlinder-, rug- en vryslag.
- Charl Norval (seuns 8 jaar) swem ‘n eerste plek los in die 25m vryslag.
- Reece Saaiman (seuns 8 jaar) spog met ‘n silwer medalje in die 25m vryslag.
- Righardt Vorster (seuns 9 jaar) swem ‘n eerste plek los in die 25m vlinderslag en ‘n tweede plek in die 25m rugslag.
- Rudie Willemse (seuns 9 jaar) neem aan drie items deel.
- Luan Botha (seuns 10 jaar) wen goue medaljes in die 25m vlinder-, rug- en vryslag asook die 100m individuele wisselslag en ‘n silwer medalje in die 25m borsslag.
- Milan Botha (dogters 8 jaar) neem aan vier items deel.
- Michelle de Beer (dogters 11 jaar) swem twee eerste plekke los in die 50 en 100m vryslag en tweede plekke in die 50m rug- en borsslag en ‘n derde plek in die 100m borsslag.
- Margit de Villiers (dogters 12 jaar) verdien ‘n brons medalje in die 100m borsslag.
- Sussies Isis (dogters 9 jaar) en Ziah Dorfling (dogters 6 jaar) neem ook deel, Ziah swem ‘n eerste plek los in die 25m borsslag en derde plekke in die 25m rug- en vryslag.
- Ilana Lubbe (dogters 12 jaar) swem ‘n tweede plek los in die 100m borsslag en twee derde plekke in die 50m vlinder- en borsslag.
- Luan Lubbe (seuns 10 jaar) verdien ‘n goue medalje in die 25m borsslag, twee silwer medaljes in die 25m rugslag en 100m individuele wisselslag en twee brons medaljes in die 25m vlinder- en vryslag.
- Diaan O’ Connell (seuns 7 jaar) neem deel aan vier items.
- MJ Perold (seuns 11 jaar) wen twee goue medaljes in die 50m vlinder- en borsslag en ‘n silwer medalje in die 100m borsslag asook vier brons medaljes in die 50m en 100m rugslag en 50 en 100m vryslag.
- Machiel Pieterse (seuns 10) verdien twee eerste plekke in die 25m vlinder- en vryslag en drie derde plekke in die 25m rug- en borsslag asook die 100m individuele wisselslag.
- Cara van der Westhuizen (dogters 11 jaar) verdien twee goue medaljes in die 50 en 100m borsslag en twee silwer medaljes in die 50 en 100m vryslag.
- Maya Vosloo verdien ‘n brons medalje in die 100m vryslag.

Bea-Mari-Bekker

MJ Perold

Charl Norval

Gabriella-Loucao