Laerskool Tzaneen leerlinge ry dat die stof so staan
Bly kalm en klim op jou fiets
Die Spur Skole Bergfietsryliga se tweede wedren, Tour de Capricorn, het plaasgevind op Saterdag, 27 Julie, in Polokwane.
Larries het in groot getalle opgedaag en sommer heelwat stof in die ander se oë gery.
In die Sub-Nipper afdeling vir dogters (o7 – o8) het 15 fietsryers deelgeneem. Esther Katzke (o8) was sewende. Anin Katzke (o9) het deelgeneem in die Nipper afdeling vir dogters saam met 21 ander fietsryers. Sy was in 16e plek.
In die Nipper afdelings vir seuns (o9 – o10) het 49 seuns gery. Pelo Makoti (o9) was twee-en twintigste.
Kiara van Breda was dertiende in die Sprog afdeling (o11 – o12) vir dogters waaraan drie- en twintig dogters deelgeneem het.
Sewentig seuns het deelgeneem in die Sprog afdeling (o11 – o12). Rinaldo Bornman was 40ste, Zander Knoetze was 50ste, Joshua Welthagen 59ste, Wernich Steyn 62ste, en Matthew Phillips 67ste.
In die Sub junior afdeling vir dogters het 15 dogters deelgeneem. Shané van den Heever was 7e en Claire Collins 11e.
In die Sub junior afdelings vir seuns het 23 seuns gery, Ruben Venter was 14e, Kamogelo Monyela 17e, Christo Ferreira 18e en Boikano Machaba 23e.

Pelo Makoti

Wernich Steyn

Rinaldo Bornman

Joshua Welthagen

Xander Knoetze