Laerskool Tzaneen ruiters woon Western Mounted Games kliniek by
ADVERTISEMENT
‘n Western Mounted Games Kliniek is aangebied gedurende die naweek van 10-12 Maart deur Colin Miles by Dusty Hill wat die huis is van Thundering Hooves Western Equestrian Klub. Vyf Laerskool Tzaneen ruiters, Karli Human, Nikita Jacobs, Kylie van Jaarsveld, Ané van der Merwe en Miicke Schutte het die kamp bygewoon. “Horsemanship” en tegniek was die fokus van die kamp en die ruiters het dit terdeë geniet.

Ané van der Merwe, Nikita Jacobs, Karli Human en Miicke Schutte.

Kylie van Jaarsveld