Laerskool Tzaneen leerders swem by level 3
ADVERTISEMENT
Laerskool Tzaneen leerders swem by level 3. Die jaarlikse Vlak 3 swemkampioenskappe vind plaas by die Delville swembad in Germiston vanaf 31 Maart tot 3 April. Drie Larrie swemmers het gekwalifiseer om deel te neem; Marny du Plessis, Liandri Terblanche en Mari Bruwer.
- Mari (dogters 11 jaar) het ‘n sewende plek in die finaal van die 50m vryslag verwerf en ‘n twee-en-twintigste plek in die finaal van die 200m borsslag.
- Marny (dogters 12 jaar) verwerf ‘n tweede plek in die 50m rugslag en ‘n vierde plek in die 100m vlinderslag.
- Liandri Terblanche (dogters 11 jaar) verwerf ‘n drie-en twintigste plek in die 200m rugslag.

Liandri Terblanche

Mari Bruwer en Marny du Plessis