Laerskool Tzaneen Interhuis Atletiek hoogtepunte
Die jaarlikse Larrie Interhuis atletiek kragmeting tussen die Rooibokke, Springbokke en Koedoes het plaasgevind op Vrydag, 20 Januarie. Die wenspan vir die dag was die Springbokke, in die tweede plekke die Koedoes en dan die Rooibokke. Die geesbeker het egter aan die Rooibokke behoort! Atlete wat die hoogste ASA punte verower het was:
- Junior dogter – Ilé Fourie (dogters o.9)
- Junior seun – Mantju Malesela (seuns o.9)
- Senior dogter – Kia Shipalana (dogters o.12)
- Senior seun – Humble Manzini (seuns o.13)

Mantju Malesela en Inge Jansen van Vuuren (Junor Victor en Victrix Ludorums)

Kia Shipalana en Humble Manzini (Senior Victrix en Victor Ludorums)
Die junior victrix ludorum trofeë het gegaan aan Inge Jansen van Vuuren (dogters o.9), die junior victor ludorum trofeë het gegaan aan Mantju malesela (seuns o.9), die senior victrix ludorum trofeë behoort aan Kia Shipalana (dogters o.12) en senior victor ludorum trofeë gaan aan Humble Manzini (seuns o.13). Die volgende rekords is verbeter:
- Leah Fourie (dogters o.6) in die 60 m. Vorige rekord was 11,81s, Leah verbeter dit na 11,53s.
- Frost Kgopotso (seuns o.6) in die 60m. Vorige rekord was 11,65s, Frost verbeter dit na 11,56s.
- Mvelasi Neli (dogters o.10) in die hoogspring. Vorige rekord was 1,04m en sy verbeter dit na 1,07m.
- Humble Manzini (seuns o.13) in die 80m hekkies. Vorige rekord was 12,90s en Humble hardloop dit in 12,65s.

Geesbeker gaan aan die Rooibokke! Voor vlnr: Farhaan Ali, Mieke Honeyball, Corné Brümmer, Nikita Jacobs Agter vlnr: Suné Groenewald, Te-anje de Beer, Karli Human

Spankapteine van die wenspan, die Springbokke, Maya Vosloo en Elrick Opperman.