Laerskool Bosveld swemmer verteenwoordig Limpopo by die SA’s
ADVERTISEMENT
‘n Baie spesiale gelukwensing aan ons Laerskool Bosveld swemmer, Talitha vd Schyff wat die afgelope naweek haar skool en provinsie verteenwoordig het by die Suid-Afrikaanse swemkampioenskappe in Durban. Talitha het die volgende plekke behaal vir dogters onder 12:
- 4e plek: 200m Rugslag
- 4e plek: 200m Vryslag
- 4e plek: 200m IM
- 4e plek: 100m Rugslag
- 6e plek: 100m Vryslag.
Dit is werklikwaar ‘n uitsonderlike prestasie en Laerskool Bosveld Primary is baie trots op haar.