Laerskool Bosveld Primary se Netbalspanne wen hul eerste ligawedstryde
ADVERTISEMENT
Laerskool Bosveld Primary se Netbalspanne het op die 18de April behoorlik opgeruk om hul eerste rondte ligawedstryde teen Laerskool Platina te speel. Die Bossiemeisies het al hul wedstryde gewen en as helde teruggekeer na hul skool. Die o.13 dames het veral presteer en hul opponent met 10 punte teenoor 2 verslaan. Verdere uitslae was as volg:
- o.10 Wen 8-0
- o.11 Wen 5-2
- o.12A Wen 5-6
- o.12B Wen 8-0
- o.13B Wen 13-1
Baie geluk aan hierdie meisies, julle voortreflikheid is merkbaar op en langs die veld! Met so `n afskop is dit moeilik om nie uit te sien na wat hierdie jaar vir Laerskool Bosveld Primary se Netbalspanne voorlê nie.