Laerskool Bosveld Primary se netbal-afrigters gradeer
ADVERTISEMENT
Op Vrydag,21 April het 4 van Laerskool Bosveld Primary se netbal-afrigters te Pietersburg vir hul Provinsiale gradering as skeidsregters vertrek. Die dames het die Bossies se naam hoog gehou en met selfvertroue hul talente gewys. Ons is trots om te sê dat al hierdie dames hul graderings verbeter het. Juffrou Riehette, Nelia en Lee-Anne verbeter elk hul Distrik-graderings en Juffrou Nicolene behaal haar Provinsiale -gradering. Baie geluk aan hierdie dames. Die Bossies sien baie uit na die seisoen en kan nie wag om hierdie dames in aksie te sien nie!