Laerskool Bosveld Primary rugby wen eerste ligawedstryd
Laerskool Bosveld Primary het op 20 April tydens hul eerste rondte ligawedstryde wat tuis aangebied is vir Laerksool Krugerpark verwelkom en kort daarna die stryd aangesê. Die Bossies het hand en tand op die rugbyveld baklei om hul tuisveld te verdedig en het uiteindelik geseëvier met vier oorwinnings uit die ses wedstryde wat gespeel is. Terwyl elke span indrukwekkende rugby-vernuf vertoon het, het die tweede -en derdespanne veral bo hul opponente uitgestyg en hoë tellings behaal. Laerskool Bosveld Primary lyk veggereed vir die oorblywende ligawedstryde wat in vanjaar se uitgebreide liga gespeel gaan word.