Hoërskool Louis Trichardt Kultuur uitblinker wys haar staal
Hoërskool Louis Trichardt Kultuur uitblinker, Luandi van Zyl neem virtueel deel aan Radikale Redenaars, Podiumpret en Oppie Tong Af. Sy dring deur na die Nasionale kompetisies van al drie hierdie kompetisies! Luandi, neem deel aan Redenaars (Afrikaans & Engels) asook Lees (Gedigte Afrikaans & Engels) en verwerf drie eerste plekke en een tweede plek by Podium Pret en behaal ‘n agtste en sesde plek by Radikale Redenaars.
Luandi het op 30 September aan die Nasionale Oppie Tong Af kompetisie deelgeneem en ‘n skitterende tweede plek verwerf! Welgedaan Luandi – ons is sommer baie trots op jou en jou mooi prestasies!