Hoërskool Louis Trichardt Driekamp prestasie
Triegies het aan Die WIK by Stanford Lake College deelgeneem. Die junior spannetjie, bestaande uit Kirsten, Timothy en Ayden, het uitstekend gevaar en derde geëindig in hul kategorie. Nie net het die leerders presteer nie, maar ook ons onderwysers. Meneer Johan van Dijkhorst, juffrou Jernay McLeod en Clarinda Thompson het ook ’n puik prestasie behaal en derde in hul kategorie geëindig.
Baie geluk aan almal wat deelgeneem het en Triegies met trots verteenwoordig het.