Hoërskool Ben Viljoen onder-hoofseun se gedig word gepubliseer
2021 Kon nie beter begin het vir hierdie matrikulant nie. Kabous de Wet, Hoërskool Ben Viljoen onder-hoofseun vir 2021, het tydens 2020 ingeskryf vir die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans se gedigte kompetisie. Ons is trots om aan te kondig dat Kabous se gedig, Twee Siele, gekies is om gepubliseer te word in die bundel Stemme uit die Suiderland 15! Veels geluk.