Hoërskool Ben Viljoen trots op Interhoër swem wenners
ADVERTISEMENT
Op 27 September het die Hoërskool Ben Viljoen swemmers deelgeneem aan die Interhoër swemgala wat by Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane plaasgevind het. Water bruis in die are van ons swemmers, en met baie toewyding en deursettingsvermoë het ons swemmers vanjaar die gesogte Interhoër trofee verower. Beide ons dogters- en seunsspanne word aangewys as die wenners van die dag wat ons groot totaal op 1969 punte te staan bring teenoor Hoërskool Ellisras wat in die tweede plek eindig met 1581 punte.
Mighael Alberts en Simoné Theron word as die onderskeie Junior Victor en Victrix Ludorums aangewys terwyl die hoogste Hy-Tek Individuele prestasie toekennings gaan aan Simoné Theron (junior dogters), Mighael Alberts (junior seuns) en Lara Potgieter (senior dogters). Ons swemmers verbeter ook twaalf nuwe interhoër rekords op!

Zaria Fourie

Gustav Klingbiel

Eben Oosthuizen
- Simoné Theron – 0.15 100m Vlinderslag, 50m Vryslag, 100m Vryslag
- Mighael Alberts – 0.15 100m Vlinderslag, 50m Vlinderslag, 100m Vryslag
- Mieke Oosthuizen – 0.16 100m Vlinderslag
- Tia-Mari Theron – 0.14 50m Borsslag
- Zaria Fourie – 0.18 100m Vryslag
- Catherine Pretorius – 0.15 100m Rugslag
- Lara Potgieter – 0.18 100m rugslag
Ons 0.15 seuns wisselslag aflos verbeter ook die staande rekord.

Simoné Theron

Mighael Alberts
Foto krediet: Jean Marie Heyns Fotografie