Hoërskool Ben Viljoen onder Top atlete in Suid-Afrika
ADVERTISEMENT
Net voor die kersies van 2023 uitgeblaas is, is die Nasionale Top 10-atlete van 2023 op www.checkelog.co.za bekend gemaak, Na ‘n ongelooflike 2023-seisoen, met vele hoogtepunte, is ons baie trots op SES van ons atlete wat deelvorm van hierdie fenomenale prestasie in hul onderskeie items. Alle skole in die land vorm deel van hierdie ranglys en dis vir ons ‘n voorreg om ons atlete te prys vir hulle harde werk en deursettingsvermoë wat hulle as die top atlete van die land gekroon het. Hierdie is net nog ‘n bewys dat Hoërskool Ben Viljoen se leerders nie vir een van die makro-skole in die land terugstaan nie.
Rorisang Rammupudu is die land se beste o.19 400m-atleet met Jaco van der Westhuyzen wat ‘n tweede plek beklee in die o.15 seuns 100m-afdeling sowel as ‘n derde plek in die 200m vir o.15 seuns. Johan Helberg beklee ‘n derde plek in die o.15 seuns Diskus-kategorie terwyl Vanessa da Silva ‘n negende plek beklee vir haar o.19 dogters 3000m. Edunette Kriel is aangewys as die vierde beste o.14 90m Hekkies-atleet van 2023 terwyl Kyra Hancke ‘n vyfde plek as die dogters o.16 100m Hekkies-atleet verwerf.

Rorisang Rammupudu

Jaco van der Westhuyzen

Johan Helberg

Vanessa da Silva

Edunette Kriel

Kyra Hancke