Bosveld Intervarsity 2023 – PHS se eerstespan rugbykaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met Dewan Gobey, eerstespan rugbykaptein van PHS oor hulle seisoen en Bosveld Intervarsity, en met hulle afrigter Pierre Coetzee.
Lees die spesiale koerantuitgawe vir Bosveld beskikbaar by die skole, of lees dit aanlyn hier.
Dewan Gobey:
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver?
Om in my matriekjaar die kaptein van die eerste rugbyspan te wees.
Hoe motiveer jy jou span?
Deur die wedstrydplan te evalueer en dit te verander as omstandighede anders uit werk, om druk goed te hanteer, om taktiese besluite te neem en effektief met die skeidsregter, sowel as my span te kommunikeer.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Wian Terblanche, hy staan my by deur my te motiveer wanneer ek struikelblokke ervaar en hy neem groot besluite as dit by die backline kom.
Waarna sien julle as `n span die meeste hierdie jaar uit?
Ons sien uit na die twee toere wat in Bloemfontein gaan plaasvind en sien die meeste uit om teen Tom Naude kragte te meet.
Wie is jou gunsteling rugby speler en hoekom?
Eben Etzebeth, omdat ek dieselfde posisie as hy speel en ek strewe om eendag te speel waar hy is.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil na skool klubrugby speel terwyl ek studeer en hopelik raakgesien word. As dit nie uitwerk nie, het ek hopenlik `n graad agter my naam.
Pierre Coetzee:
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte weezs van julle span?
‘n Span wat hard werk om hulle doelwitte te bereik en wat nooit terugstaan nie.
Hoe is die samestelling van die span vir Bosveld Intervarsity?
Ons het `n goeie kombinasie van Gr 11’ s en Gr 12’s in die span en `n klomp van die seuns het reeds in 2022 die voorreg gehad om die Wit-trui oor hulle kop te trek.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons het `n klomp vaardige spelers wat baie beweeglik is en ons werk baie hard aan ons verdeding.
In jou opinie, wat is die eienskappe van n goeie rugbyspeler?
Hardwerkend, emosioneel sterk (mental toughness) en gedissiplineerd op, en van die veld.
Wat is jou filosofie as afrigter?
Om myself as afrigter te verbeter (ek kan altyd leer) en so ook die spelers te verbeter, nie net op die veld nie, maar ook van die veld af.
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk?
Rassie Erasmus (SA) en Scott Robertson (Crusaders).