HS Suid-Natal leerder vaar uitstekend tydens Con Spirito Eisteddfod
Die onlangse grendelstaat het die uitvoerende direkteur van die Con Spirito Kunsvereniging, Lizelle van Staden, genoop om alternatiewe maniere van deelname na te vors om te voorkom dat die Eisteddfod, wat hierdie jaar vir die 18de keer sou plaasvind, deur die mat val..
Dit is met groot sukses dat die Aanlyndeelname afgeskop het en die kompetisie word met groot sukses afgehandel.
Een van Hoërskool Suid-Natal se leerlinge, Dachelle Heunes, het Donderdag, 21 Mei 2020, aan die Solo-sang afdeling deelgeneem en uitstekend gevaar deur onderskeidelik 91% en 93% vir haar items te behaal. Die skool is baie trots op haar en sien uit daarna om haar sangloopbaan dop te hou.