Hoërskool Witteberg vang gees met Anything but a school bag
ADVERTISEMENT
Op Woensdag, 2 Februarie 2022 het die leerders van Hoërskool Witteberg bietjie gees gevang. Hulle is deur die Studenteraad uitgeddag om hul skooltasse by die huis te los en enige iets anders te gebruik om hulle boeke in te pak. Die Wittebergers het nie geskroom om die kreatiwiteit te laat vloei nie. Van kruiwaens, skooltafels, stootwaentjies en nog vele meer was te sien op die terrein.