Hoërskool Volksrust vier Valentynsdag
Hoërskool Volksrust vier Valentynsdag. Op Dinsdag, 14 Februarie 2023, het Volkies weer Valentynsdag gevier. Mevrou Greyvensteyn, VLR-voog vir graad 9, was aan die stuur van sake en het tesame met haar entoesiastiese VLR-lede gesorg vir ‘n baie suksesvolle Valentynsinisiatief. Vroeër in die week kon leerders vir hul bemindes ‘n geskenkie koop en laat aflewer op Valentynsdag.
Die inisiatief is later die aand van die veertiende op ‘n genotvolle wyse afgesluit met ‘n Valentynsdans. Baie dankie aan mevrou Greyvensteyn en haar VLR-span asook al die graad 9-voogde, wat as toesighouers diens gedoen het ten tye van die dans, vir ‘n onvergeetlike dag.