Hoërskool Swellendam verteenwoordig Bolandspan by Wes-Kaap atletiek
Die afgelope naweek, 17-19 Maart, het 3 van Hoërskool Swellendam se atlete die Bolandspan by die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in die Paarl verteenwoordig. Kompetisie is ongelooflik sterk gedurende die byeenkoms, maar atletiek vloei deur dié 3 swellies se are, en al 3 het ‘n posisie beklee!
- Andrea Boshoff is eerste met hoogspring en het ‘n PB van 165cm gespring.
- Liezel Groenewald is eerste met 100m hekkies en het ‘n tyd van 16:08 sekondes gehardloop.
- Johnwin Pekeur het tweede gekom in driesprong.
Ons hou duime vas vir die 3 atlete en hoop al 3 word verkies vir die Wes-Kaap span!
Mila Engelbrecht: