Laerskool Voorpos kwartaal 3 uitblinkers
ADVERTISEMENT
Laerskool Voorpos leerders Emma van Driel, Janelle Coertze en Janaé Mulder al drie die afgelope naweek aan die Gauteng Biathle kampioenskappe deel geneem. Hulle het al drie gekwalifseer om aan die SA kampioenskappe te gaan deelneem in September maand. Baie sterkte dogters!
Xenin Dräger van Voorpos Laerskool het Noord-Transvaal-Wes rugby span behaal en het deel geneem aan die Bokkieweek 2023 in Kroonstad.
Met trots kan ons sê hulle span het deur gedring na die finaal toe op 07 Julie, en gewen 19-5 teen Vrystaat.Noord-Transvaal-Wes is aangekondig as die beste o.13 span in die toernooi en het die trofee saam terug gebring!
Morné Beukes het Cravenweek die vakansie gespeel vanaf 25-30 Julie 2023 te Maritzurg College in Pietermaritzburg. Morné het 2x drieë gedruk in die toernooi en die Bulle het 4de geëindig uit 19 provinsiale spanne wat deelgeneem het.
Skaak:
Spelathon: Vrydag 25 Augustus Graad 3 Distrik Finaal
- Lees Afrikaans:Chelsea Ellis
- Spelling Afrikaans: Amilé Swanepoel en Nerine Retief