Laerskool Mayville spog met personeel prestasies
Laerskool Mayville spog ook met twee, National Teachers Awards wat toegeken is aan Me. Anel Roets wat ‘n eerste plek behaal het as die Beste Wiskunde Onderwyseres in Tswane Noord Distrik. Mnr. Richardt Bean het eerste plek behaal en Mnr. Bean het die top vyf prestasie as die beste Natuurwetenskap Tegnologie Onderwyser in Tswane Noord. Me. Roets het ook 2de plek behaal op Provinsiale vlak. Die Spoggeleentheid het plaasgevind op 25 Oktober 2019 by die Rhema Kerk in Johannesburg.
Ons by Laerskool Mayville is baie trots op ons personeel se akademiese prestasies asook hul toewyding aan die leerders.
Die skoohoof, Mnr. Jacques Joubert, streef na uitnementheid en kwaliteit onderrig. Hierdie prestasies is ‘n aanduiding dat Laerskool Mayville ‘n skool is waarmee rekening gehou moet word en waar elke leerder se akademiese belange op die hart gedra word.