Hoërskool Overkruin se Motorsport F400 Sprint Karting kampioen 2021
Tiaan Eloff is ‘n trotse Graad 10 leerder van Hoërskool Overkruin en ook ‘n kranige renjaer. Tiaan het laas jaar in die F400 Sprint Karting challenge deelgeneem en het geseevier as die 2021 kampioen in slegs sy eerste jaar van kompetisie!
Die kampioenskap deelname strek so ver as Kwa-zulu Natal en is tans die kamioenskap met die meeste inskrywings. Tiaan het die nommer een gedra aand einde van die jaar met nie minder as 40 ander inskrywings nie nie net vir sy span nie maar ook as ‘n trotse Ovie. Dit is sy ambisie om ‘n meganiese ingenieur te word en buitemuurs sy motorsport loopbaan verder te sit op nasional vlak.