Hoërskool Waterkloof swemmers haal die Gauteng Skole swemspan
Hoërskool Waterkloof swemmers Beané Swanepoel en Nikha Lambden is vir die Gauteng Skole swemspan gekies wat die afgelope naweek by Kingspark in Durban aan die SA Skole swemkampioenskap deelgeneem het. Nikha wen ‘n brons medalje in o.16-dogters 200m borsslag en eindig algeheel vierde in o.16-dogters 100m borsslagfinaal. Beané wen ook ‘n brons medalje as deel van Gauteng se 4x50m vryslagaflos vir dogters 14 tot 16 jaar. Sy eindig algeheel in die sewende plek in die o.16-dogters 50m vlinderslagfinaal en in die 16de plek in die o.16-dogters 100m vryslag. Gauteng Skole swemspan wen SA Skole. Baie geluk!