Hoërskool Waterkloof se provinsiale rolbalspelers presteer goed by die SA’s
ADVERTISEMENT
Hoërskool Waterkloof se provinsiale rolbalspelers presteer goed tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe. Baie geluk aan al ons rolbalspelers wat Gauteng-Noord tydens die vakansie by die Suid-Afrikaanse jeugrolbalkampioenskappe verteenwoordig het. Uit die 16 spelers wat die eer gehad het om die provinsie in Bloemfontein te verteenwoordig, kom daar nie minder nie as 6 van hulle uit die Waterkloof-oefengroep wat by Wingate oefen en is 4 daarvan Klofies.