Hoërskool Garsfontein se Sebola brei Titans tot sukses op week vir Dowes
Hoërskool Garsfontein se Sello Sebola het onlangs die Titans se krieketspan vir dowes tydens Krieket Suid-Afrika se toernooi vir gehoorgestremdes in Kroonstad gebrei. Die Titans het onder Sebola se breierskap geslaag om die toernooi onoorwonne af te sluit.
Nege van Sebola se spelers is in die Suid-Afrikaanse oefengroep ingesluit wat aan die Wêreldbeker vir Dowes gaan deelneem. Die toernooi vind later vanjaar in September plaas. Sebola is al vier jaar betrokke binne in die afrigtingstrukture van die Hoërskool Garsfontein.

Sello Sebola