Hoërskool Die Wilgers rugbyspelers het ‘n blink toekoms
Die eerste Waterberg Pathways Paastoernooi het gister met groot sukses vir ons 1ste rugbyspan, in Modimolle, geeïndig. Die White Sharks presteer uitsonderlik en verskeie spelers word vir hulle talent erken. Voorspeler van die toernooi: (Ontvang ‘n beurs by die International Rugby Institute vir 2023)
- Jeanré van der Walt (8)
Spelers wat beurse by die UXI Harlequins Rugby Akademie vir 2023, ontvang
- Willem Minny (3)
- Tian Joubert (2)
- Ruaan Minny (1)
- Ajay Lottering (6)
Spelers in die 0.18 toerspan na Israel, in Desember (Beste in hul posisie – Top 24)
- Tián Joubert (2)
- Armand Pretorius (9)
- Roy Schonken(11)
Uitslae van die toernooi:
- Verloor 60-0 vs Grey College Peaches
- Wen Curro Heuwelkruin 51-19
- Wen H/S Nylstroom 31-14
Weereens wys ons Wilgie-sport skep geleenthede aan ons spelers!