Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria beste fietsryspan in Gauteng-Noord
Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria Affies se fietsryspan het op 6 September 2019 tydens die Gauteng-Noord se prysuitdeling die trofee ontvang vir beste seunspan in Gauteng- Noord. Dit is die derde keer dat die skool hierdie afdeling wen (2016, 2018 en 2019) sedert fietsry in 2013 as ‘n skoolsport begin is.
Affies is ook aangewys as die beste algehele skolespan. Dit beteken dat ons seuns genoeg punte versamel het tydens die vier Spur-wedrenne om skole met seuns en meisies uit te stof! Hierdie is ‘n unieke prestasie!

Dehan Smith(kaptein) het die trofee namens Affies ontvang.
Pieter-Jan Pretorius (tweede van links) en Ivan Visser (tweede van regs) is verkies tot die Gauteng-Noord span. Mnr Tobias Lubbe, Affies se Mnr Fietsry (links op die foto), is ook aangewys as spanbestuurder van die provinsiale span.
Affies se oorwinning beteken dat hulle op 27 en 28 September gaan deelneem aan die nasionale eindronde van die Spurreeks by die Hoërskool Wagpos. Die volgende seuns is ingesluit in hierdie span:
- Pieter-Jan Pretorius
- Ivan Visser
- Pedri Gouws
- Casper Kruger
- Jordan Boshoff
- Jacques Marais
- Estian Schoeman
- Dehan Smith (Kaptein)
- Ruan Rossouw
- Vermaak Myburgh
- Fourie Roux
- Wernu Snyman
Foto: Gordon Arons