Afrikaanse Hoër Seunskool fietsry uitslae
Affies se fietsryers het die afgelope naweek deelgeneem aan die derde been van die nasionale Spurreeks. Die 57 Affies het op Hoërskool Wonderboom se moeilike baan Affies se naam hooggehou, en hul voorsprong in die reeks verstewig. Daar is nog een wedren oor en dit vind plaas by Buffelsdrift MTB op 31 Augustus.