Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria presteer aan die PSI Binnehuis hokkietoernooi
Talle Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria (o.14 tot o.18) het gedurende die Desember-vakansie aan die PSI (Pro Series Indoor) Binnehuis hokkietoernooi deelgeneem. Hierdie nasionale toernooi was in 2 afdelings, Binnelandse-en Kuslangse spanne gedeel, aangesien almal nie op dieselfde plek mag deelgeneem het nie. Juan Schoeman en Kieron du Plessis (beide vanjaar gr. 12) het die o/18 A-span van Tshwane Titans verteenwoordig en hulle span het ‘n goue medalje verower.
Hulle albei is in die “PSI Africa All Stars”-span ingesluit wat uit spelers van regoor SA en Namibië saamgestel is. Hierdie span gaan gedurende die jaar saam oefen en ‘n toer na Europa word vir Januarie 2023 beplan. Juan Schoeman is by hierdie toernooi as die Beste Doelwagter aangewys.