Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria atleet is SA Tweekamp Kampioen
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria atleet Divan de Vries, gr. 12, het oor die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp (duathlon) Kampioenskap, in die “sprint”-kategorie, deelgeneem. Hy voltooi die 5 km hardloop, 20 km fietsry en weer 2,5 km hardloop in 00:54:37. Divan is as die manlike Junior Suid-Afrikaanse Kampioen aangewys. Baie geluk, Divan!
