[Onderhoud] Eldoraigne- Eerstespan Rugbykaptein – Darren Bruwer
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Eldoraigne en Zwartkop hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Darren Bruwer,Eerstespan Rugbykaptein van Hoërskool Eldoraigne te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..

Darren Bruwer (k)
Watter spesifieke sterkpunte glo jy het hierdie jaar se span wat julle van die opposisie onderskei? Of ons nou voor of agter is op die telbord, hierdie span sal nooit opgee of ophou baklei nie, tot die eindfluitjie blaas.
Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei, en waarop sal jy as leier fokus?Ek is trots om die skool se eerstespan op die veld te lei. Ek sal fokus daarop om die span bymekaar te hou en te verseker dat alles volgens plan uitgevoer word.
Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek? Voordat ons opdraf, sing ons die skoollied uit volle bors. Dis ’n oomblik wat ons verenig en motiveer.
Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel? Ons mik daarna om Zwartkop te wen én die liga te vat.
Watter opkomende wedstryde of toernooie sien julle die meeste na uit? Definitief die Classic Clash, en natuurlik al die liga wedstryde wat ons gaan uitdaag om tot by die finaal te kom.
Is daar ‘n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom? Ja, die bekende Franse skrumskakel Antoine Dupont. Hy het die rol van skrumskakel verander en wys hoe dié posisie ‘n span kan lei om wedstryde te wen.