Laerskool Wierdapark seniorkoor lewer ‘n uitmuntende vertoning
ADVERTISEMENT
Die Alawierdas het ’n uitmuntende vertoning gelewer by die Pretoria Eisteddfod. Hulle het vier liedere met passie en presisie gesing, wat aan die beoordelaars gewys het hoe talentvol en toegewyd hulle is. Ons ontvang ’n goue toekenning. ’n Groot prestasie waarop ons baie trots is. Die geleentheid was ’n ware viering van musiek en spanwerk.
