Laerskool Wierdapark atletiek prestasies
ADVERTISEMENT
Laerskool Wierdapark spog met 102 atlete wat deel geneem het aan die clusterbyeenkoms 20 Februarie 2023 te Hoërskool Zwartkop.
Hulle verdien 10 Goue, 12 silwer en 12 brons medaljes by die byeenkoms. Met die byeenkoms verbeter 5 atlete die rekord in hulle verskei items:
- Xanthé Struasse in die 1200m (4:19.71)
- Bianca Gouws in die 200m (28.40)
- Lara de Klere in gewigstoot (10.50)
- Mieke Ludick in diskus (31.18)
- Zain Venter in diskus (33.75)