Laerskool Swartkop leerlingraad woon opleidingsessie by
ADVERTISEMENT
Laerskool Swartkop leerlingraad was bevoorreg om Johan Smit by ons skool te verwelkom vir ‘n leerlingraad-opleidingsessie. Na ‘n middag van hart uitpraat en gesels onder mekaar, asook diep dink oor negatiewe en positiewe kwessies saam met oom Johan, glo ons dat elke leier weggestap het met die wete dat hulle hier is om te lei en ‘n positiewe invloed agter te laat. Ons weet om ‘n leier te wees is ‘n uitdagende taak, maar onthou: as julle saam staan het julle nie ‘n Superman nodig nie, julle kan enige iets oorwin!