KLAS VAN 2020 IN DIE KOLLIG: Armand Duffy van Laerskool Louis Leipoldt
Die Coronavirus het `n groot impak op skolesport gehad en het die matrieks beroof van dit wat veronderstel was om die hoogtepunt van hulle skool loopbaan te wees. Daarom wil AWSUM graag die klas van 2020 in die kollig plaas, om hierdie sportmanne en dames die nodige erkenning te gee, omdat hul nooit die klok sal kan terugdraai om hul eie skool herinneringe te kan herskryf nie. Dié seuns en dogters het hard gewerk in hul voorseisoense voorbereiding en uitgesien na `n jaar vol van opwinding, erkenning en ervaringe.
AWSUM gesels met Armand Duffy van Laerskool Louis Leipoldt se eerstespan rugby en atleet.
Hierdie is `n baie moeilike jaar vir die Graad 7’s van 2020. Hoe voel jy oor die sportjaar wat verlore is? Ek het hard geoefen en was reg om vir die 1ste keer SA’s toe te gaan. Dit is ‘n baie slegte jaar. Ons mis kwaai uit op die lekker jol met die pelle. Dit is die jaar waar die eerstespan die groot manne moes wees van die skool. Die girls sou ons cheer.
Waarna het jy die meeste uitgesien hierdie seisoen? Die eerstespan toer en om aan SA’s te kon deelneem.
Hoe het julle vooruitsigte as span vir hierdie seisoen gelyk en wie dink jy sou julle taaiste teenstander gewees het? Dit sou weer die ou span wees soos in Mr Stephan & Mr Duan se tyd. Ons ken mekaar se manier van speel ek dink ons sou gatskop. Cornwall sou die taaiste wees. My vooruitsigte vir atletiek het ook baie goed gelyk. Ek sal nou altyd wonder hoe ek sou vaar by SA’s in 2020. En wonder of ek ooit weer so `n geleentheid sal kry.
Enige spelers (in jou opinie) in jul span waarop die publiek uitgemis het om hulle nie te sien speel nie en hoekom? Chirstie met Discus en op die rugbyveld Christiaan De Wet en Pieter Bezuidenhout.
Wat maak dit spesiaal om vir Laerskool Louis Leipoldt se eerstespan uit te draf? Die ondersteuning van my pelle. Ek is ‘n trotse Leipie, dis lekker om ‘n Leipie te wees. Ek is trots om ‘n Leipie te wees…hier kom die manne.
Wat is jou beste herinnering op die rugbyveld en atletiekbaan sover? Toe die mense almal vir my hande klap voor ek spring en om die bestaande skoolrekord te kon breek. Met rugby is dit as die span wen.
Hoekom sal jy Laerskool Louis Leipoldt aanbeveel vir toekomstige skoliere? Dit is maar net ‘n goeie skool en die onderwysers is die beste. LL gee om en elkeen tel.
Waarop fokus jy nou vir die res van 2020? Die eksamen, en om deur skool te kom.
Na watter hoërskool gaan jy volgende jaar? Ek weet nog nie, Affies of Centurion.
Het jy `n boodskap vir jou mede-spanmaats van 2020? Hou julle koppe hoog, ons gaan nog shine! Vasbyt, die jaar is amper verby. Saam sal ons hierdeur kom, kwaggas.