Hoërskool Zwartkop-sagtebaldogters presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop-sagtebaldogters presteer. Drie van Hoërskool Zwartkop se sagtebaldogters het onlangs puik prestasies gekry. Kenisha Wiese is gekies vir die Red Sox Noord-Gauteng Sagtebalspan wat in Desember aan die dogters o.19 Interstreeksagtebaltoernooi deelgeneem het. Na die toernooi behaal sy die Allstar span wat in September in Nederland gaan deelneem.
Hanneke Kruger is gekies vir die White Sox Noord-Gauteng Sagtebalspan wat ook aan die interstreektoernooi in Desember deelgeneem het. Sy verteenwoordig ook die Allstar span wat in September in Nederland gaan deelneem. Briggitte Piepmeyer is gekies vir die Summer Games Gauteng Sagtebalspan. Hierdie span was ook die wenners van die National Summer Games. Briggitte is na afloop van die toernooi as die 3de beste pitcher aangewys.

Kenisha Wiese

Hanneke Kruger

Briggitte Piepmeyer