Hoërskool Centurion tweekampatlete het uitstekend gevaar
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die tweekampatlete wat die naweek aan die SA kampioenskappe deelgeneem het. Die Hoërskool Centurion tweekampatlete het uitstekend gevaar, met verskeie leerders wat hulle tye verbeter het. Met 90 skole wat deelgeneem het, het die Woeries ‘n fantastiese agtste plek behaal – ‘n bewys van harde werk en deursettingsvermoë! ‘n Spesiale vermelding aan Isabella von Wielligh wat ‘n silwer medalje verower het. Die Woeries is trots op julle!