Hoërskool Randburg is trots op hul kwartaal twee uitblinkers
ADVERTISEMENT
Hokkie: Baie geluk aan Lizé Greeff (Gr en Alicia Duminy (Gr 10) wat gekies is vir die D12/D2 distrikspan. Albei het aan die Southern Gauteng proewe deelgeneem en tot by die finale rondte deurgedring. Alicia Duminy word op die finale dag opgeneem in die Southern Gauteng toerspan. Baie geluk meisies!!! Julle maak Hoërskool Randburg baie trots.
Karate:Anika het deelgeneem aan die Japan Karate Association Gauteng provinsiale kampioenskappe by die Ellispark Indoor Arena. Sy het haar Gauteng provinsiale kleure in Karate ontvang en kwalifiseer om in Julie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem in beide Kata en Kumite afdelings. Sy het verder 1ste plek en ‘n goue medalje ontvang in die Kumite afdeling vir dogters, 14 jaar oud, pers belt, tydens Vrydag se kompetisie. Baie geluk Anika!
Stoei: Baie geluk aan Ruche Schoch wat die afgelope naweek ‘n goue medalje verwerf het by die Gauteng- Sentraal Winter ope vir stoei. Ruche kwalifiseer ook vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat later in die jaar plaasvind.
Redenaars: Baie geluk aan Jan-Rudolf Britz wat deurdring na die finale rondte van die ATKV Redenaars wat in Augustus plaasvind.
Olimpiade: Die Randjies het weer uitstekend gevaar by hierdie jaar se RTT Olimpiade. Byna 20 leerders het deelgeneem en 7 leerders is uitgenooi om aan die 2de rondte deel te neem (meer detail in die Randjienuus). Baie geluk aan Lara Lategan – sy is een van 15 leerders landswyd wat deurgedring het na die finale rondte van die RTT Olimpiade. Dit word tydens die skoolvakansie in Stellenbosch gehou. Ons weet sommer jy gaan die Randjie-naam hoog hou!