Hoërskool Linden tennisspelers presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Linden se Seuns- en Dogters-tennisspanne het aan die onderskeie tennis-interhoërs deelgeneem en uitstekend gevaar. Die Dogters B-span is as die algehele wenners aangewys. Die Dogters A-span eindig in die 2de plek en die Seuns A-span eindig in die 8ste plek. Welgedaan. Ons is ongelooflik trots op hierdie spanne!

Seuns A-span: Fouche Maré, Emile Kleynhans, Jaco Dannhauser, Seef Dannhauser, Ivan Scheltema & Josiah Stroh)

Dogters A-span: Almé van Schalkwyk, Jana Jordaan, Jané Serfontein, Isabella Pretorius)

B-span: Jean-Marie Hattingh, Lente Kleynhans, Danielle Dixon & Carla Malan