Hoërskool Linden se toekomstige ekonome dring deur na die finale ronde van die MPC Schools Challenge.
Baie geluk aan die span bestaande uit: Liam Keuler, Jacobus Greeff, Neil Botha en Chloé Orton. Tydens hierdie kompetisie moet die span vir ‘n paar weke die rol as Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank inneem en monetêre besluite neem op grond van spesifieke data. Hoërskool Linden is die enigste Afrikaanssprekende skool wat deurgedring het na die finaal wat op 5 Augustus plaasvind. Sterkte aan Me. Michelle Maritz en die span.