Op die AWSUM rusbank: Hoërskool Linden se 2019 hoofdogter
Ontmoet vir Thinette du Toit, Hoërskool Linden se 2019 hoofdogter.
Wat is jou filosofie as ‘n leier?
My filosofie is dat ek ‘n verskil kan maak in ‘n harde, kompeterende, prestasie gedrewe wêreld deur sagte voetspore in mense se harte te los. Ek probeer om met sagte oë na mense te kyk en hulle te aanvaar vir wie hulle is. Ek glo leierskap het meer impak wanneer ons hande te vat en brúe bou. Saam in eenheid is ons sterker. My filosofie as leier sluit egter ook in dat ek daarna moet strewe om my helder verstand te gebruik om die beste oplossing te vind wat brûe kan bou. Ek glo ook dat aanmoediging ʼn eienskap is wat moet floreer in elke leier en my filosofie as leier kan dus saamgevat word in Hebrieërs 3:13 wat sê: “Encourage one another daily, as long as it is called “Today”.”
Wat is jou sterkpunte as ‘n leier?
Ek kan mense aanmoedig, bemoedig en bemagtig. Ek glo dat ek ʼn vriendelike gesig is, wat mense uitnooi om met my te kom gesels selfs al is dit oor iets onbelangrik. Ek glo dat van my sterkpunte insluit om ander mente te “encourage” en om dissipline op so ʼn manier te handhaaf dat leerders steeds na waarde voel.
Waarna sien jy die meeste uit om hoofdogter te wees?
Hoofdogter gee my die geleentheid om meer leerders te leer ken en om in verhouding te staan met met die leerders van ons skool. Dit is vir my so ongelooflik om te sien hoe ek elke dag meer leerders se name leer ken en dit is so “rewarding” om iemand op hulle naam te kan teruggroet! Ek sien ook baie uit om die nuwe graad 8 leerders te ontmoet en hulle bekend te stel aan die opwinding van die lewe in hoërskool. Dit is ook vir my ‘n hoogtepunt om vir my skool te kan bid en saam met my skool te bid. Om hoofdogter van so ʼn spogskool te wees gee my juis die geleentheid om my skool op ʼn heeltemal nuwe vlak te verteenwoordig en geestelik te kan intreevir my skool en die leerders en onderwysers van my skool.
Watter verandering sal jy graag in jou skool wil bring?
Ek sal baie graag, met behulp van die res van die matrieks wat agter my staan, ʼn positiewe gees en ‘n opgewondenheid om ‘n Lindeniet te kan wees, onder die leerders wil aanmoedig. Ek sal graag leerders weer bewus wil maak van die voorreg wat dit is om ʼn Lindeniet te wees en hoe ons hierdie voorreg kan gebruik om ‘n verskil te maak in die skool maar ook buite die grense van die skool.
Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?
Sjoe, my hele hoërskoolloopbaan tot dusver was eintlik maar ʼn hoogtepunt. As ek nou twee gebeurtenisse moet uitsonder, sal dit seker wees toe ek aan die begin van die jaar vir ʼn week Durban toe gegaan het. Ek en my twee beste vriendinne was deel van ‘n Duitse entrepreneurskursus wat deur die PASCH-skolenetwerk en die Goethe Instituut aangebied is. Leerders van regoor Suid-Afrika en Malawi het dit bygewoon. Nog ‘n hoogtepunt was verseker dat ek kon deel wees van ‘n besondere Speech Guild span. (Ons noem onsself Highland Gate.)
Wat sal jy graag wil bereik in 2019? As ‘n leier van ‘n vooraanstaande skool en as ‘n matriekleerder.
Ek wil aanhou om my skool op ʼn sport-, kulturele- en akademiese vlak te verteenwoordig en ten alle tye ʼn positiewe beeld van my skool, my mede-leerders en myself uit te straal na die wêreld buite. Ek wil leerders van die skool weer laat trots voel op hulself en hul skool. Ek wil baie graag leerders bewus maak van die feit dat hulle waarde het en waardig is. Verder wil ek ook baie graag ʼn omgee-projek loods, waar die matrieks van 2019 hande vat met ‘n ander skool soos bv. Kwaggasrand Special School in Pretoria. Deur selfs net ons tyd te gee kan ons so ʼn groot invloed hê op baie kinders wat, wat sou wou gee, om in ons posisie te kan wees.
Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?
Elkeen van julle het waarde en elkeen van julle is waardig om in die posisie waarin jy is, te wees.! Moet nooit jouself onderskat nie. Saam is ons sterker . Ons kan leer bymekaar . Ons is soos die skakels in een groot net, wat ons moet gebruik om mekaar te ondersteun en mekaar te vang. ‘n Net met ‘n gat in is waardeloos en kan nie sy funksie volkome verrig nie. Jy is in jou posisie vir ʼn rede en jy ís geliefd.
Wie is jou rolmodel waarna jy opkyk?
My ma is verseker dié ystervrou en rolmodel waarna ek opkyk. Sy kry dit reg om ten spyte van moeilike omstandighede altyd liefdevol te bly. Sy strewe altyd daarna om alles wat sy doen tot die beste van haar vermoë te doen en sy staan altyd sterk in dit wat sy glo. Sy stap ʼn pad saam met die Hemelse Vader en wandel in Sy voetspore.
As jy enige superhero kon wees, wie sou die wees en hoekom?
Captain America, want hy is nie net lojaal aan sy land nie, maar ook aan sy vriende en aan homself. Hy staan sterk in wie hy is en dit waarin hy glo. Hy is ook nederig en stel ander bo homself en natuurlik is sy “shield amazing”!
Op ʼn gewone Vrydagaand sal jy my kry by my huis, op die rusbank, saam met Meredith Gray.
Wie is jou Hollywood celeb crush?
Ryan Gosling
Wat is jou planne vir na matriek(2020)?
Ek wil baie graag verder aan ‘n universiteit gaan studeer. Ek is nog nie heeltemal seker in watter rigting nie. Ek het ‘n groot liefde vir tale maar stel ook belang in die wetenskap en mense fasineer my. Ek wil ook graag deel wees van ʼn universiteitskoshuis en studente-pret.