LS Muldersdrif Gholfspelers presteer uitmuntend by Superreeks
Laerskool Muldersdrif se gholfspelers het vyfde uit 12 skole geëindig met ‘n gemiddeld van 50.00 per speler tydens die Gholf-Superreeks wat onlangs plaasgevind het. Baie geluk aan een van Mullies se leerders, Schalk van Ettinger o.9, wie se telling van 35 die beste van al die spelers vir die dag was!
