LS Orion stel hul kwartaal 1 hoofleiers bekend
Laerskool Orion is trot op hul hoofleiers vir kwartaal 1
Kom ons leer Megan Carstens en Divan Potgieter, ons hoofleiers van kwartaal 1 bietjie beter ken
Megan beskryf haarself as ‘n ou grapjas wat lekker uit haar maag kan lag.Sy is gebore op 7 Maart 2008 in die Clinton hospitaal.Megan se gunsteling vakke in Graad 7 is Wiskunde en Kuns.Megan geniet ook aktiwiteite soos dansen netbal.
Interessante feite oor Megan:
- Sy hou van sing en doen dit oral!
- Sy beskryf haarself as bietjie OCD
- Haar lewensleuse is:’Doen jou beste en God sorg vir die res”.
Divan(Pottie) is gebore op 25Augustus 2008 in die Wilgeheuwel hospitaalin Roodepoort.Divan se gunsteling vak op skool is Natuurwetenskap en hy geniet dit om krieket en tennis te speel.
Interessante feite oor Divan:
- Sy gunsteling kos is hoender scnitzel met “slap tjips”.
- Hy het twee broers.Een is ‘n hond en die ander ‘n mens.
- Sy droom is om saam met dolfyne te swem.