Laerskool Randhart spog met briljante rugby
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart spog met briljante rugby.
Die rugbyseisoen vir Laerskool Randhart het op ‘n hoë noot afgesluit met twee van Randhart se spanne wat die Goue Leeus-finale van die superliga gewen het.
Baie geluk aan die o. 9 A-span wat tydens die finaal Laerskool Kenmare gewen het met ‘n puik telling van 27 – 5. Ons is voorwaar trots op hierdie span en hulle afrigters.
Die eerste span van Randhart was behoorlik aan die brand en het fenomenale rugby gespeel om ook vir Kenmare 31 – 5 in die finaal te klop. Dit was ‘n uitstekende seisoen vir ons eerste span wat baie groot prestasies behaal het. Hulle was onoorwonne by die klipharde Noord-Suid-toernooi en het ‘n vierde plek op die Wildeklawertoernooi verower wat in Kimberley plaasgevind het.
Baie geluk aan elke seun en afrigter met hierdie uitmuntende prestasies.